Mev.
Marié Oosthuizen, vrou van ds. AJG
Oosthuizen, word in 1939 genader om
‘n vrouerubriek in Die Hervormer,
amptelike koerant van die
Nederduitsch Hervormde Kerk, te
behartig. Sy stig die NHSV te
Pretoria in 1940 en word so die
eerste Voorsitter van die
NHSV-hoofbestuur
asook die eerste redakteur van
Die Christelike Vrou.

Foto:
Buiteblad van Die Christelike
Vrou – Uitgawe Junie / Julie
1970 Jaargang XXVII Nr. 9.
Met
die NHSV-kongres van 1943 is die
behoefte aan en moontlikheid van ‘n
publikasie vir die NHSV uitgespreek
en vanaf September 1943 verskyn
Die Christelike Vrou maandeliks
as ‘n onafhanklike vroueblad.
Verskeie vroue vanuit die Hervormde
Kerk tree op as medewerkers en
behartig maandelikse rubrieke, soos:
Ons en Ons Kinders
– Mev. Rautenbach |
Huis en Haard – Mev.
Rautenbach |
Die Vuur van die
Huisaltare – Mev. Marie
Ras |
Gedachten naar Boven
– Mev. Ida Greyvenstein |
Artikels oor maatskaplike
werk –
Mev. Smit en mev. CE Roos |
Kinderrubriek – Mev. Corrie
Wolmarans |
Om die huistafel –
Mev. Erasmus |
Later
word artikels rakende gesondheid,
nuttige wenke en boekbesprekings
bygevoeg en word daar deurentyd
gepoog om ‘n goeie balans te
handhaaf tussen erns en komedie.

Foto:
die christelike vrou –
Oktober 1989 – Jaargang 47 nr. 9.
Aan
die einde van 1946 styg die koste
van drukwerk en is daar ook ‘n
daling in die getal intekenare, wat
veroorsaak dat die vroueblad nie
elke maand gepubliseer kan word nie.
Die redaksie van Die Christelike
Vrou doen strategiese
beplanning en bring die situasie
onder beheer. Mev. Ras is vanaf 1947
die redakteur van Die
Christelike Vrou en in 1952
word die getal medewerkers uitgebrei
na 16. Mev. Dibbie Botha tree
vanaf 1971 op as subredakteur van
Die Christelike Vrou en
volg mev. Ras later op as redakteur
tot en met 1987, waarna mev. Bets
Booysen haar opvolg. Dr. Elsabé
Kloppers word as redakteur aangestel
in 1996 en ons huidige redakteur,
Mev. Magda van Deventer tree op as
redakteur vanaf 2002.
|
Foto: Die
Christelike Vrou |
Redakteur: Dr. Elsabé
Kloppers
|
Uitgawe: Konteks
– Mei 1998
|
|
Vanaf
die vroeë uitgawes van Die
Christelike Vrou is sketse by
artikels gebruik en die eerste foto
verskyn in die weergawe van
September 1950. Foto’s verskyn meer
dikwels in die maandelikse vroueblad,
asook op die voorblad, alhoewel
sketse nog gereeld gebruik word om
rubrieke toe te lig.
Foto: Die
Christelike Vrou |
Redakteur: Mev. Magda
van Deventer
|
Uitgawe: Konteks
– September 2003
|
|
|
Die
oplaag van Die Christelike Vrou
het vanaf 1943 tot 1990 vermeerder
vanaf 2000 tot meer as 10 000
gedrukte kopieë per maand. In 1983
verdubbel die drukkoste en word die
realiteite al hoe sterker dat die
NHSV-publikasie Die Christelike
Vrou sal saamsmelt met die
beplande tydskrif van die Kerk.
Die Christelike Vrou, wat saam
met die NHSV sy ontstaan gehad het,
sal dus ophou om as ‘n onafhanklike
publikasie die lig te sien.
Die Christelike Vrou verskyn
vanaf 1990 in die Konteks,
die amptelike gesinstydskrif van die
Nederduitsch Hervormde Kerk van
Afrika.
|
Foto: Die
Christelike Vrou
soos dit tans
daar uitsien as ‘n
gedeelte van die
Konteks, onder
redaksie van mev.
Magda van Deventer.
|
|
(Bron: Vyftig
Jaar van Seën – NHSV 1940–1990
: Gedenkalbum by die vyftigjarige
fees van die NHSV deur mev. Milde
Jordaan) |