3
SEPTEMBER 2017
BOK VAN BLERK:
Wanneer: 15 September om 19:00
Waar word besprekings gedoen: 018 294 4882,
(John en Eldi Cloete) kantoorure is vanaf 08:00
tot 16:00
Waar kan jy kyk watter plekke is nog beskikbaar:
Jy Google nhkpotchnoord
Klik op:
Nederduitsch Hervormde kerk,
dan op die kliek knoppie onder Bok se
advertensie,
dan op bookings,
dan op book now en dan op seat layout
Hoe kan jy adverteer:
Stuur vir mense Bok van Blerk se advertensie
wat jy via watsup by John of Eldi (074 602 0800)
kan kry.
Stuur dan jou eie watsup aan mense wat jy ken.
Vertel mense daarvan.
Kostes: Tussen R180 tot R230
AARDKLOP:
Dit sal baie waardeer word indien u die Aarklop
fondsinsamelingsprojek ondersteun deur n
kontant bydrae te maak in die Kantoor op die
Borg/Skenkinglys. Dit is sodat ons bestanddele
in groot maat kan aankoop vir bespraring.
n Paar nageregte het nog nie organiseerders wat
kan leiding neem met die maak van die spesifieke
nagereg nie. Ongeveer 45 porsies van n betrokke
nagereg word begroot vir elke dag.
n Organiseerder moet elke dag leiding neem by
die maak van die nagereg. Die resepte,
bestanddele en die verpakkingsmateriale sal
reeds in die saal wees en daar gaan mense wees
wat sal help
Bessie Benson (082 413 9084) kan gekontak word
indien daar enige vrae is.
Eersdaags sal die werkerslyste vir die
stalletjie- en die saalwerkers beskikbaar wees.
Omdat die nageregte by die saal gemaak word, het
ons hierdie jaar meer werkers by die saal as by
die stalletjie nodig. Dink solank waar jy
betrokke wil raak . Vir diegene wat deur die dag
werk, daar is n aandskof waar triffels gemaak
gaan word. Die finale reλlings sal nader aan die
tyd deur gegee word.
Die voorlopige werkstye is soos volg:
Stalletjie: 08:30 tot 13:30 13:00 tot 17:30
17:00 tot 21:00
Saal: 07:00 tot 12:00 12:00 tot 17:00 17:00 tot
20:00
Ons
benodig ook 2 liter roomysbakke met deksels en
25cm x 36 cm oondpanne. Merk dit duidelik en gee
vir Bessie of plaas dit in die kombuis.
Vir ons suurlemoenpoeding het ons 2 liter vars
suurlemoensap nodig. Dit kan sommer in sakkies
van 500 ml per sakkies gevries word. En as ons
40 suurlemoene voor die naweek voor Aardklop kan
kry, sal ons baie dankbaar wees. Dit kan in die
kombuis geplaas word.
Ons is op soek na vertoon yskaste om te huur of
tweedehands te koop waarin ons die poedings by
die stalletjie kan uitstal.
Die volgende nageregte gaan verkoop word. Ons
benodig nog organiseerders by die vraagtekens.

NHSV
Die NHSV en gemeente beplan om 3 Desember by Ons
Hulde kersliedere te gaan sing. Ons wil dan
graag vir elke inwoner 'n klein geskenkie soos
bv. basiese toitelware gee. Dus vra ons groot
asseblief dat , as u kan, die volgende drie
Sondae: 3 September, 17 September en 29 Oktober
vir ons enige toiletware sal bring en in die
houtkas in die gang sal plaas. n Donasie kan
ook in die kantoor inbetaal word.
HOUTBOKS BY PICK A PAY
Dan het die NHSV ook n houtboks by Pick a Pay
in van der Hoffpark gekry. Dit is teen die muur
by die laaste kasregisters langs die
waterstalletjie gemonteer. Ons houer het n
rooiplakkaat waarop NHSV staan. Wanneer jy jou
aankope doen, en jy jou strokie in die houer
gooi, kry ons aan die einde van elke kwartaal 2
% daarvan terug. Dit word ook vir Ons Hulde
aangewend.
NHSV BESTUURSVERGADERING
Die bestuursvergadering van 6 September verskuif
na 13 September
NHSV BYEENKOMS
Met die 27 September word daar nuwe bestuur
gekies, enige iemand wat op die bestuur wil dien
kan v Magda Pretorius kontak.
PANNEKOEK
Die volgende pannekoek geleentheid is 22 en 23
September. Name kan op die lys in die saal
geskryf word. Die pannekoekbakkers bak in die
kombuis en die verkopers sit by Pick en Pay se
deure. Die tye is vanaf Vrydag 10:00 tot 14:00
en 14:00 tot 17:00 . Saterdag tye is van 09:00
to 13:00
BAIE WELKOM AAN DIE VOLGENDE NUWE LIDMATE
Gerrit en Hettie Buter en Ben en Hester
Venter. |